... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Trap Versigtig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 37:1-4 Moenie jou vererg oor boosdoeners nie. Moenie die kwaaddoeners beny nie. Want soos gras verlep hulle gou. Soos plante verdroog hulle vinnig. Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Trap Versigtig


Download audio file

Elke nou en dan gebeur dinge wat ons laat reageer – goeie dinge en slegte dinge, dinge waarna ons smag en dinge wat ons verafsku. En hoe meer ons reageer, hoe meer van ‘n tuimeltreinrit, of te wel, ‘n ‘rollercoaster’ word die lewe.

Ek hou ek nie van die gevoel van ‘n tuimeltreinrit nie. Jy sal my nooit aste nimmer oorreed om op een van daardie ritte te gaan nie! Ek wil beslis nie my lewe vol skerp op- en afdraandes, kinkels en draaie leef nie. Maar as jy ‘n bietjie terugstaan en daaroor nadink, kom baie van die sensasie van die rit neer op hoe ons daarop reageer.

Neem byvoorbeeld iets wat ons almal omkrap en waaroor ons verontreg oor voel: slegte mense wat voorspoedig is. Slegte mense kom met moord weg, terwyl ons probeer om goed te doen, maar ten spyte daarvan, sukkel. Dit kan ons regtig vies maak. Nouja, hier is wyse raad; goddelike wysheid, om ons te help om party van ons kriewelrige reaksies uit die weg te ruim:

Psalm 37:1-4 Moenie jou vererg oor boosdoeners nie. Moenie die kwaaddoeners beny nie. Want soos gras verlep hulle gou. Soos plante verdroog hulle vinnig. Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. (NLV)

Wat wil God hê? Hoe moet ons teenoor daardie bose mense reageer? Vertrou op Hom en gaan voort om goed te doen. Om op die plek wat Hy ons geplaas het, beginselvas, betroubaar en konsekwent te wees. En wanneer jy met ‘n die regte gesindheid leef, sal Hy jou die begeertes van jou hart gee.

Hou op om negatief te reageer. Wees betroubaar. Doen goed.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.