Weergebore
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
1 Petrus 1:23 Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.
As jy jouself ‘n Christen noem, wil ek jou vra, is jy waarlik ‘n Christen? Nie volgens jou eie definisie nie, maar volgens wat die Woord van God sê. Is jy “weergebore” … of nie? Jou antwoord is baie belangrik! Ek het onlangs saam met ‘n paar mense in ‘n motor gery en die gesprek het gehandel oor wat dit beteken om ‘n Christen te wees. Dis interessant, want hulle was nie gelowig nie en daarom het ek met groot belangstelling geluister. Hulle vra toe my opinie. Toe ek begin vertel, het een dame my met minagting en afgryse in haar stem onderbreek: “Ag, ek hoop nie jy is een van daardie weergebore Christene nie!” Ek het geglimlag, want ek sou ‘n paar jaar gelede presies dieselfde gesê het. Ek dink dat sy ‘n bietjie in die gesiggevat was, toe ek antwoord: “Wel, dit is die enigste soort Christen wat daar is.” Kyk wat staan in: 1 Petrus 1:23 Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Om ‘n Christen te word, gaan nie oor die opruiming van jou lewe met die hoop dat God jou dan sal aanvaar nie. Dit is heeltemal die teenoorgestelde. Dit is nie iets waarvoor jy kan werk nie, dit is ‘n geskenk wat God aan jou gee wanneer jy die lewegewende boodskap van God glo. ‘n Boodskap wat vir ewig aanhou. Dit is soos ‘n splinternuwe begin, wanneer ons met alles wat ons is, met alles wat ons het, met elke hoop en elke droom – glo dat Jesus Christus vir ons gesterf het. Dit gebeur wanneer ons in ‘n verhouding met ‘n liefdevolle God tree, Een wie se liefde jou totaal verbyster en onsself aan daardie God oorgee. Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. En dit is die enigste soort Christen wat daar is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.