... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy het So Baie Ontvang

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs1:7 Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Jy het So Baie Ontvang


Download audio file

Sommige mense hou vreeslik baie daarvan om geskenke te ontvang – dis hoe hulle gemaak is. Dit is hulle liefdestaal; dit is die manier waarop hulle liefde en toegeneentheid ontvang. Ander mense is nie so erg daaroor nie. Wat van jou? Is jy ‘n ‘geskenkmens’, of nie?

As jy daarvan hou om geskenke te ontvang, is dit wonderlik. Daar is absoluut niks mee verkeerd nie. Ek, aan die anderkant, gee nie om of ek vir die res van my dae hier op hierdie aarde ooit weer ‘n verjaardag- of Kersgeskenk ontvang nie. Dis net nie my ding nie.

Maar alhoewel ek so bedraad is, was daar ‘n tyd in my lewe toe ek niks gehad het nie – alles was verlore, ek was desperaat. En dis toe dat ek die grootste geskenk van almal ontvang het. ‘n Geskenk wat my lewe totaal en al verander het. Kyk net wat skryf die apostel Paulus in die 1ste eeu n.C. aan die gemeente in Korinte:

1 Korintiërs 1:7 Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. (NLV)

Wat bedoel jy, met elke genadegawe? Wel, wanneer ons in Jesus glo, het ons alles wat ons nodig het, alles wat werklik saakmaak in die lewe: Wysheid, vermoëns, God se genade, sy liefde, sy Gees in ons … elke gawe.

Selfs die persoon wat, volgens die wêreld se standaarde gemeet, niks het nie … ontvang, wanneer hulle in Jesus glo, alles, elke gawe.

Kom ons sit net vir ‘n oomblik saam en dink na aan hierdie belofte, die werklikheid daarvan. Elke geskenk. Dit is wat jy het, as jy in Jesus glo. Dis wat op jou wag, as jy in Jesus wil glo.

Elke genadegawe. Dit is God se belofte. Dis Sy waarheid.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.