... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Definisie van Skynheiligheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Listen to the radio broadcast of

Die Definisie van Skynheiligheid


Download audio file

Kom ons erken dit, om ander mense lief te hê, kan moeilik wees. Hulle behandel ons nie altyd soos ons behandel wil word nie. Hulle tree nie altyd op soos ons wil hê hulle moet optree nie. En bietjie vir bietjie … vreet dit aan ons.

Daar is waarskynlik mense in jou lewe wat vir jou groot vreugde bring. En dan is daar die ander wat, wanneer jy aan hulle dink, ‘n verskeidenheid van onaangename emosies soos seerkry, woede en pyn by jou wakkermaak.

Miskien het hulle iets verkeerd gedoen. Miskien het hulle jou op een of ander manier beledig. Miskien het hulle ‘n paar mal idees waarmee jy glad nie saamstem nie. En die natuurlike menslike reaksie op daardie mense, is om jou hart geleidelik, as ‘n beskermingsmeganisme, teen hulle te verhard.

Die probleem is, wanneer jy jou hart verhard, begin haat aan jou vreet totdat dit jou van binne verteer en jy word skynheilig teenoor hulle. Dit is waar God se Woord hieroor so ‘n kragtige geneser is:

1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Dink daaroor. Die definisie van skynheiligheid is ‘n Christen wat oral rondloop en Bybelversies met ander deel, terwyl sy hart vol haat is.

Laat God se Woord toe om jou vandag vry te maak. Nooi die Heilige Gees in jou hart in om dit sag te maak, om te genees, om jou vry te maak van haat en om jou te leer om te vergewe.

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.