... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van die Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van die Lewe


Download audio file

Daar bestaan absoluut geen twyfel dat Jesus indrukwekkende wonderwerke gedoen het nie. Hy het die verlamdes laat loop; die blindes laat sien; vir Lasarus uit die graf laat opstaan. Maar wat was die doel van dit alles? Wat beteken daardie wonderwerke vandag vir ons?

Die afgelope paar dae het ons gesels oor Jesus se ongelooflike wonderwerk om daardie verlamde man op ‘n draagbaar in staat te stel om op te staan en te loop. Stel jou voor dat jy dit sien gebeur. Of, stel jou voor dat jy daardie man is en ervaar wat hy ervaar het.

En hier, tweeduisend jaar later, lees ons steeds, en praat ons steeds, oor Jesus se wonderwerke. Hoekom? Waarop dui daardie wonderwerke? Wat beteken hulle vandag vir ons? Hier is dit, in Sy eie woorde:

Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.

Nouja, wat is die antwoord? Dit leer ons dat Jesus die krag het – die krag – om vir ons die lewe, die regte lewe, die ewige lewe te gee! Voordat ons ons vertroue in Jesus gestel het, was ons dood in ons sonde; ons was die wandelende dooies hier op aarde, die helse dooies vir alle ewigheid.

Maar dan roep Jesus jou en sy Gees gee jou die vermoë, die hunkering om in Hom te glo. Waarom? Vir lewe! Die oorvloedige lewe wat Hy belowe het om vir jou op hierdie aarde te gee; die ewige lewe wat Hy deur geloof aan jou geskenk het deur op te staan uit die dood.

Ek is die weg, die waarheid … en die lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.