... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Getuigskrif

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:17,18 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings

Listen to the radio broadcast of

Jou Getuigskrif


Download audio file

Kan ek jou gou ‘n vraag vra: hoe ryk is jy? Want as jy oor die basiese lewensbehoeftes beskik – water, kos, klere en huisvesting – dan is jy in elk geval ryker as wat jy dalk dink!

Ek het gister die ervaring wat ek gehad het om ‘n melaatse kolonie in ‘n uithoek van Tanzanië te besoek, genoem. Hierdie mense woon in bouvallige geboue wat voorheen ‘n stoordepot was.

Ek is gevra om daar ‘n kort boodskap te deel en dan ‘n koekie seep – so ‘n basiese item – in elkeen van hul misvormde, knoestige en in sommige gevalle vingerlose hande, te plaas.

Jy kan nie onaangeraak van so ‘n ervaring wegstap nie. Toe ek by die huis teruggekom het, het ek en my vrou ernstig herbesin oor ons plig teenoor die armes. Hoe anders kan jy reageer?

1 Johannes 3:17,18 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV)

Aartsbiskop Desmond Tutu het eenkeer gesê: Elke kerk (en ek wil daarby voeg, elke gelowige) behoort ‘n getuigskrif van die armes in hul gemeenskap te kan kry.”

Dit is nie ‘n onredelike stelling nie. Die wyse waarop ons aan die armes gee, is een van die duidelikste bewyse van die realiteit (of afwesigheid) van God se liefde in ons harte.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.