... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here Sal Jou Beskerm

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 3:4 - 6 Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.

Listen to the radio broadcast of

Die Here Sal Jou Beskerm


Download audio file

Kan jy jou voorstel hoe absurd die begrip destyds was, dat ‘n koning vir sy volgelinge ‘n dienskneg kan wees? Nee, my vriend, die enigste konteks waarin daardie twee woorde in een sin gebruik is, was om oor ‘n koning se dienaars te praat.

Kom ons brei ‘n bietjie uit. Die idee van ‘n god wat ‘n dienskneg is, wel, dit was net heeltemal gek. Die gode van die heidennasies, wat in die omgewing van die Jode geleef het, was valse afgode. Die mense het die gode gevrees en probeer paai om te verhoed dat die gode se woede hulle nie vernietig nie.

Nouja, ons lees in die Ou Testament dat die God van Israel wel  ‘n verbond met sy volk gesluit het, wat basies gesê het: as jy my eer, sal ek jou seën. As jy dit nie doen nie, sal ek jou vervloek. Maar selfs daar in daardie verbond, was die begrip van die Dienskneg-koning, die Dienskneg-God reeds opgesluit. Koning Dawid skryf in:

Psalm 3:4-6 Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.

Hierdie God van Israel, die een ware God, die Een wat uiteindelik sy Seun, Jesus, sou stuur om vir hulle sondes en ons s’n te sterf, was van die begin af die Dienskneg Koning. Die een wat sy mense sou beskerm, wat hulle eer sou bring, wat hulle hoop sou bring, wat hulle sou antwoord wanneer hulle bid, wat hulle rus sou gee.

En weet jy, niks het verander nie. God het nie verander nie.

Jy kan gaan lê en rus en weet jy sal wakker word, want die Here bedek jou en beskerm jou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.