... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gee die Here ‘n Kans

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:7-9 Hierdie ellendige mens het geroep en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered. Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Gee die Here ‘n Kans


Download audio file

Stel jouself hierdie situasie voor: Jy is besig om diamante te delf, maar na maande se uitputtende, sielsvernietigende werk is jy nie suksevol nie. Geen diamante nie! Niks nie! Uiteindelik besluit jy eendag om tou op te gooi en weg te loop. Maar wat jy nie geweet het nie, was dat jy net ‘n paar sentimeters van die hoofertsspleet af was!

Dis ‘n mooi ou storietjie, maar jy sê seker vir jouself, ek sal tog nooit diamante, of opale, of robyne, of goud delf nie. Ek het geen behoefte om dit te doen nie. Nou maar gaaf.

Maar hoe dikwels bevind ons onsself in ‘n moeilike situasie; miskien het ons ‘n aaklige baas by die werk, dalk ‘n ongemaklike situasie in ‘n verhouding, of miskien ervaar ons finansiële probleme, wat ook al die krisis … ons vra God, ons vra Hom, en ons vra Hom, sonder ophou – sonder enige resultate! Geen antwoord nie! Niks nie!

Uiteindelik gooi jy eendag tou op en loop net weg. Maar in hierdie psalm van koning Dawid van Israel, deel hy sy ervaring:

Psalm 34:7-9 Hierdie ellendige mens het geroep en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered. Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou! (NLV)

Nog voordat ons sy hulp vra, is God so dikwels reeds besig om agter die skerms te werk. Sy Engele staan gereed om jou te beskerm. Dis die waarheid! En hier is Dawid se aanmoediging vir jou en vir my in daardie situasie wanneer ons tot in ons siel moedeloos voel en tou wil opgooi en wegstap:

Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.