... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word Deur die Heilige Gees Weer Gebore

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:5-7 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

Listen to the radio broadcast of

Word Deur die Heilige Gees Weer Gebore


Download audio file

Ons aanvaar dat ons ons klere moet was wanneer dit vuil word. Maar is dit nie snaaks dat ons die reiniging van ons siel, wat deur die daaglikse lewe in ‘n korrupte, sondige wêreld besoedel word, ignoreer nie?

Dit klink dalk ‘n bietjie dramaties, maar in werklikheid is daar ‘n ondeursigtige sluier wat die vernietigende sonde wat in ons harte is, wegsteek. Ons ignoreer die verkeerde gesindhede, die dwepery, die selfsug, die begeerte na die dinge van hierdie wêreld, wat tot ons eie ondergang lei.

Ja, kyk maar om jou rond; die simptome van hierdie siektes is oral om jou te sien in die leegheid, die doelloosheid, die emosionele kwale, die gebroke verhoudings, die verwoeste lewens – wat meer na lewende dooies, as na die oorvloedige lewe wat Jesus gekom het om vir ons te gee – lyk. Nouja, wat sê jy: hoeveel van hierdie simptome is in jou lewe teenwoordig?

Titus 3:5-7 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

My vriend, Jesus het gekom om jou te red. Hy het gekom om jou siektes te genees, om jou skoon te was, om jou nuut te maak, om sy lewensveranderende Heilige Gees in jou uit te stort, om jou tot oorlopens toe te vul. Jesus het vir jou gekom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.