... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie moet Wraak Neem?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:17-19 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.”

Listen to the radio broadcast of

Wie moet Wraak Neem?


Download audio file

Wat is die een ding wat jy begeer wanneer iemand jou, of iemand vir wie jy omgee, kwaad aandoen; wanneer jy so briesend kwaad is, dat jy wil ontplof? Jy begeer wraak. Soete wraak.

Die begeerte na wraak klink so ‘n bietjie mal, nè? Maar daardie  begeerte kom uit ons sin vir geregtigheid. Ons is immers na die beeld van God gemaak en daarom raak ons opstandig teenoor die onreg waarmee ons gekonfronteer word.

En daardie sin vir geregtigheid eis dat dit wat verkeerd is, reggestel moet word. Dit beteken dat die skuldige persoon gestraf en die boete betaal moet word. En dis presies waarom Jesus vir jou en vir my aan die Kruis gesterf het; om ons verkeerde optrede reg te stel; om die straf wat ons oor en oor verdien, op Hom te neem.

God het, eerder as om Homself op ons te wreek, omdat ons teen Hom in opstand gekom het, self, deur Jesus se kruisdood, die prys vir ons sonde, wat deur sy geregtigheid vereis word, betaal. As jy daaraan dink, is dit ‘n merkwaardige reaksie op ons bose optrede, wat die dood verdien. ‘n Reaksie wat uit sy groot liefde vir ons kom.

Dink mooi! Dis beste ding wat ons kan doen, is om die straf aan Hom oor te laat in plaas daarvan om wraak te sweer:

Romeine 12:17-19 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.”

Met ander woorde, die beste manier om wraak te hanteer, is om glad nie wraak te neem nie. Vergewe, en gaan aan met jou lewe en moenie soos diegene wat jou seergemaak het, word nie. God sal hulle met sy woede straf indien en wanneer Hy goeddink.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.