... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word Vinnig Wys

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:13-18 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe. Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.

Listen to the radio broadcast of

Word Vinnig Wys


Download audio file

Onthou jy dat jy ook destyds jonk en koppig was? Ek onthou beslis; ek onthou die dinge wat ek in my jeug gedoen het! As ons maar die horlosie kon terugdraai en ‘n ou kop op daardie jong skouers kon sit. . .

Iemand het eenmaal gesê dat een van die lewe se groot tragedies is dat ons te gou oud en te laat wys word. Is dit nie tragies nie? Wysheid, as ons dit hoegenaamd vind, is geneig om eers na lang jare, waarin jy deeglik deur die werklikhede van die lewe verinneweer is, te kom.

Maar wat sou kon gebeur as ons al vroeër in ons lewens wysheid kon gehad het? Hoe sou dit gewees het as ons vroeër as diegene rondom ons wys was? Hoe anders sou jou lewe nie gewees het indien jy baie vroeër wys was nie?

Kyk wat koning Salomo aan sy jong seuns te sê gehad het:

Spreuke 3:13-18 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer ‘n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand ‘n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring ‘n ryk en ‘n vol lewe. Dit is ‘n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.

Ja-nee, watter ongelooflike verskil kan God se wysheid aan ons lewens maak! Inderdaad, die seëninge van sy wysheid is onberekenbaar. Nouja, doen jouself ‘n guns. Word sonder om te aarsel wys, want wysheid is ‘n seën vir diegene wat dit gevind het!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.