... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Haat Jou Sonde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Timoteus1:15,16 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.

Listen to the radio broadcast of

Haat Jou Sonde


Download audio file

Dit is verstommend hoe gereeld ons die splinter in iemand anders se oog raaksien en hom oordeel, terwyl ons blind is vir ons eie swakhede en mislukkings. As ons maar net so ‘n groot afsku van ons eie sonde gehad het, as van ander mense s’n.

Dit is waar, nè? Ander mense irriteer ons, en ons oordeel hulle, en droom oor hoe ons hulle kan terugkry. En al doen ons nie regtig iets teen hulle nie, brom ons nietemin in ons harte. Ons loop steeds rond met ‘n siniese houding teenoor hulle. Ons dink dat ons daarop geregtig is om so te voel en dat dit ook in God se oë heeltemal reg sal wees.

Ek vind die nederige en beskeie gesindheid van die apostel Paulus so boeiend:

1 Timoteus 1:15,16 Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.

Voordat hy Jesus ontmoet het, was Paulus beslis nie ‘n katjie wat jy sonder handskoene kon aanpak nie. Hy het Christene genadeloos vervolg. Maar eers nadat hy Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet het, het hy besef dat hy die ergste onder alle sondaars was en dat Jesus, ten spyte daarvan, vir hom kom red het.

Ja, dink mooi daaraan: ons sonde is alte dikwels soveel erger as die mense s’n, wat ons so maklik oordeel. Ten spyte daarvan, ja, inderdaad as gevolg daarvan, het Jesus gekom om te midde van ons swakhede, deur sy dood aan die Kruis; sy onbeperkte geduld en genade te bewys.

Hou op om ander te oordeel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.