... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof en Vertroue

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Listen to the radio broadcast of

Geloof en Vertroue


Download audio file

Hou jy ook daarvan om by mense wat ‘n gevoel van rustige selfvertroue en van stille tevredenheid uitstraal, te kuier? Om by hulle te wees, laat jou sommer beter oor jouself voel. Wat is anders aan daardie mense?

Ek kan aan ‘n halfdosyn sulke mense in my lewe dink. Ten spyte van alles wat hulle deurgemaak het – en sommige van hulle is al deur baie groot uitdagings – lyk dit of niks hulle ontwrig nie. Net om aan hulle te dink, voed my siel.

Toe ek hulle vrae gevra het en ek antwoorde van hulle geëis het, was daar een ding wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het. Hulle geloof. Hulle praat dikwels van hul geloofsreis. Kom ons kyk na die woord ‘geloof’. Hoe definieer jy dit? Hoe maak jy dit jou eie?

Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Daar is dit: geloof en sekerheid. Vertroue in dit waarvoor ons hoop, versekering oor wat ons nog nie sien nie. Hoe kan dit werk?

Die antwoord is eenvoudig: wanneer jou hoop in Jesus is, dan is dit nie ‘n wankelende hoop nie; dan is dit nie ‘n onsekere hoop nie; dan is dit nie ‘n hoop wat verdamp die oomblik wat die druk toeneem nie.

Hoop in Jesus is ‘n rotsvaste, sekere hoop. Jy kan staatmaak daarop dat al die dinge wat Hy in die Bybel beloof, vertrou kan word. Hy is altyd getrou. Hy is ‘n ewige Rots waarop ons kan staan.

Die sleutel tot daardie rustige selfvertroue en stille tevredenheid, wat sekere mense uitstraal, is ‘n noue wandel met Jesus. Want hoe meer jy Hom leer ken, hoe meer groei jou geloof en hoe groter sal jou geloof en vertroue in Hom wees.

Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.