... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kies Jou Vriende Versigtig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke13:20 Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Kies Jou Vriende Versigtig


Download audio file

Na wie se raad luister jy? As jy getroud is, is jou gade hopelik nommer een op daardie lys. Maar wat van die res van jou binnekring? Wie is hulle, en moet hulle regtig in jou binnekring wees? Dit is belangrike vrae omdat die antwoorde die verloop van jou lewe positief of negatief kan beïnvloed.

Ek stel nie vir een oomblik voor dat ons onsself met byna volmaakte mense moet probeer omring nie. ‘n Groot deel van die posbeskrywing vir enige Christen is immers om Jesus se liefde en die Goeie Nuus van Jesus met diegene wat Hom nog nie ken nie, te deel en om deernis te toon teenoor diegene wat seerkry. 

Mense kan sekerlik nie eers as naastenby volmaak bestempel word nie, maar tog word ons geroep om daar te wees vir hulle, net soos Jesus selfs aangetrokke was tot diegene wat nie deur mense geag was nie. Maar wees tog versigtig, want as jy te na aan die verkeerde mense kom, kan dit jou ruïneer.

Spreuke 13:20 Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle. (NLV)

Wanneer jy saam met wyse mense tyd deurbring, vertel dit ons wie jy op jou lewensreis in jou binnekring toelaat; op wie jy jou gedrag modelleer; en na wie jy jou vir raad wend.

En om ‘n metgesel van dwase te wees, vertel ons dat jy hulle toelaat om jou te beïnvloed, om jou raad te gee en dat jy saam met hulle op die verkeerde pad reis. 

Kan ek jou weer vra, wie het jy in jou binnekring van raadgewers toegelaat? Dink aan die gesig van elkeen van die mense in jou binnekring en vra jouself of hierdie persoon wys, of dwaas is. Want …

Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.