... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Speletjies Met God Speel Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 2:20,21 In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie Speletjies Met God Speel Nie


Download audio file

As kinders het ons graag ons ouers se geduld getoets. Ons wou sien hoe ver ons hulle kon druk en ons wou ontdek waarmee ons kan wegkom. Dit is alles deel van grootword, nè?

Maar as volwassenes is ons sekerlik klaar met daardie speletjie. Regtig? Nee! Soveel mense gaan voort met hul speletjie om te sien hoe hulle vir God kan toets. Eerder as om te vra: “Hoe kan ek Hom bo alles eer?” dink hulle eerder: “Met hoeveel kan ek wegkom?”

Verbeel ons ons dat God dom is, dat Hy nie gaan agterkom hoe ons verbrou nie en dat daar nie gevolge van ons dade gaan wees nie? Die waarheid is dat Hy sy beste bêre vir diegene wat Hom eer:

2 Timoteus 2:20,21 In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.  (NLV)

Kom ons begin met die houers van hout en klei vir “gewone gebruik”. Dit is die houers wat gebruik word om die vullis in te stort. In skrille kontras daarmee, is die voorwerpe van goud en silwer. Hulle word as heilig en nuttig vir die Meester, oftewel die Huiseienaar, afgesonder en is gereed vir enige goeie gebruik.

Terwyl jy nou daardie twee beelde verwerk, kom ons kyk weer na hierdie speletjie wat mense met God wil speel, om Hom uit te toets om te sien waar sy grense is.

Sê my: watter een van daardie beelde sal jy vir jou lewe kies? Dit is maklik, nè? Hou dus op om speletjies met God te probeer speel. Reinig jouself van dit wat oneerbaar is, want op een of ander manier is daar altyd gevolge.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.