... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om nie te Misluk Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoe om nie te Misluk Nie


Download audio file

Het jy al ooit dapper en entoesiasties besluit om in die geloof iets vir God te doen en ‘n volslae mislukking gemaak? Ek het ook al. En dan wonder ons hoekom God nie gehelp het nie. Here, wat doen U? Ek het U vertrou, maar U het my in die steek gelaat!

Baie mense wat al probeer het om iets vir God te doen en misluk het, voel ook so. En tog het Jesus nooit in iets gefaal nie. Selfs toe Hy gelyk het soos die wêreld se grootste verloorder wat daar aan daardie Kruis gehang het – was Hy die grootste oorwinnaar van alle tye.

Ja, kom ons sê dit maar; soms lyk God se planne vanuit ‘n menslike oogpunt na ‘n mislukking – maar vanuit die hemel se balkon, vorm dit alles deel van sy plan. Ander kere is dit omdat ons in geloof opgetree het, ja, miskien selfs met groot geloof, sonder om by Hom te hoor, of ons grootse onderneming deel van sy plan is.

Dit bring ons by die geheim van Jesus se 100% rekord van sukses:

Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV).

Jesus het nooit misluk wanneer Hy iemand wou genees nie. Hy het nie gesink toe hy op water geloop het nie. Op sy bevel het die water in wyn verander. Hoekom?

Want Hy het net gedoen wat Hy sy Vader sien doen het. Hy het volgens sy Vader se wil opgetree. As jy dus in geloof optree, maak eers seker by God; bid, vra Hom wat sy wil is, sodat jy uiteindelik sal doen wat ons Vader reeds doen!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.