... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Klippe Gooi Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:7,10,11 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?” Sy het geantwoord: “Niemand nie, Meneer.” Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie Klippe Gooi Nie


Download audio file

Wanneer ons sien dat iemand anders ‘n verkeerde ding doen, voel ons al te dikwels verplig om regter te speel. Dit is ‘n reaksie waartoe Christene ongelukkig, meer as ander mense, geneig is. Hoekom is dit?

Miskien is dit omdat enigiemand wat daartoe verbind is om Jesus te volg, ‘n sterker sin het van wat reg en van wat verkeerd is. En hoe meer ingeburger daardie sin van reg en verkeerd in ons word, hoe groter is die kans dat ons die slegte gedrag van ander sal beoordeel.

En ons weet dat die moraliteit waarvan die Bybel praat, ver verwyder is van wat in vandag se samelewing die aanvaarbare morele standaarde is. So kom ons in ons hoogheilige ou groepie bymekaar en begin met die vinger wys na “daardie verskriklike mense daar buite”. Dit is maklik om meerderwaardig te voel, en dit is tog te maklik vir godsdienstige mense om ander mense te veroordeel.

Die godsdiensleiers het destyds in Jesus se tyd, ‘n vrou wat aan owerspel skuldig was, voor Jesus gesleep om Hom te toets. Die Joodse wet het gesê sy moet gestenig word. Alhoewel die Romeinse wet bepaal het dat slegs die Goewerneur die doodsvonnis kon uitspreek.

Johannes 8:7,10,11 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ‘n klip na haar gooi.” Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?”

Sy het geantwoord: “Niemand nie, Meneer.” Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” (NLV)

Dis interessant, nè? Die enigste persoon in daardie groep wat sondeloos was, die enigste een wat gekwalifiseerd was om ‘n klip te gooi, het verkies om dit nie te doen nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.