... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie


Download audio file

Ek dink ons sal saamstem dat dit ‘n voortreflike eienskap is om die goeie in ander mense raak te sien, hul potensiaal te waardeer en om hulle so ‘n bietjie genadig te wees wanneer hulle foutjies begaan – nie waar nie? Die gevaar is egter dat jy dit te ver kan voer en dat dit tot langtermyn skade en ongelukkigheid kan lei.

Kom ons kyk na hierdie scenario: man ontmoet meisie. Hulle raak verlief. Hy vra die jawoord. Sy aanvaar… ten spyte van die feit dat sy so ‘n effense ongemaklikheid in haar binneste voel en diep in haar hart ervaar dat iets dalk nie heeltemal pluis is nie. . . Maar hulle is verlief. Sy gaan hom beslis nog verander. Hulle trou … en binne ses maande ontdek sy dat sy met ‘n vrouslaner getroud is.

Die hartverskeurende waarheid is dat nie almal dié mense is, wat hulle voorgee om te wees nie. Nou ja, dit is wonderlik om altyd na die mooi en goeie in ander mense te soek. Dit is ‘n uitdrukking van God se karakter; van sy liefde. Maar daardie liefde moet met wysheid gepaard gaan. Jesus het dit so aan sy dissipels gestel in:

Matteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.

Hy het hulle daardie waarskuwing gegee voordat Hy hulle onder ‘n godsdienstige nasie, God se eie volk, uitgestuur het om sy goeie nuus te verkondig. Daardie mense sou tog sekerlik die dissipels met ope arms ontvang het? Maar Jesus het vooraf geweet dat hulle nie sou nie.

Let op die skerp kontras in daardie waarskuwing: wees wys soos slange (met ander woorde sien mense vir wie hulle werklik is) en onskuldig soos duiwe (liefdevol, sagmoedig, sonder om hulle te oordeel).

Soos iemand eenkeer gesê het … as jy die rooi vlae ignoreer omdat jy die goeie in mense wil raaksien, sal dit jou duur te staan kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.