... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Verras Word Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”

Listen to the radio broadcast of

Moenie Verras Word Nie


Download audio file

Die dood is ongelooflik finaal. Wanneer jy sterf, hou jy op om asem te haal, jou hart hou op met klop, jou bloed hou op met vloei, jou brein gaan dood en van daardie oomblik af begin jou liggaam se aftakelingsproses. Dit is ongelooflik finaal.

Dit is hoekom die beloftes van God deur Jesus Christus, sy Seun, so vreemd lyk. Dis so ver verwyder van die realiteite van dít wat ons hier op aarde in die gesig staar. Maar weet jy: die grootste belofte wat ons van Hom kry, is dat ons fisiese dood nie die einde is nie. Dit is die begin van ‘n hele nuwe ewigheid vir ons.

Kan ons vandag net nader aan daardie waarheid kom? ‘n Liggaam in ‘n kis is nie die einde nie, dit is die begin. Nadat ek my bejaarde ma onlangs begrawe het, is dit vir my selfs meer aangrypend. Nadat ons na haar kis in daardie diep gat afgekyk het, het dit vir ons gevoel asof dit so finaal is. Maar Jesus het gesê:

Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom ‘n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”

Vir diegene wat die egtheid van hul geloof in Jesus bewys het deur goed te doen, wag daar ‘n ewige lewe. Ja, hulle sal die ewigheid in sy Teenwoordigheid deurbring. Maar, dié wat verkeerd gelewe het, sal nie.

Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom ‘n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. En as jy in Jesus glo, sal dit ‘n heerlike dag wees!

Moet dus nie verbaas wees wanneer jy vir alle ewigheid, in al sy glorie, by Hom staan nie.

Moenie verbaas wees nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.