Pastoor Jesus
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Matteus 20:29-34 Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.
Vir baie mense is hulle kerk baie belangrik, vir ander nie eintlik nie. Ek sien op ‘Facebook’ baie kommentaar oor hoeveel mense hul kerkfamilie geniet. Mooi so. Maar is daar nie die gevaar, dat ons net ‘n bietjie te gemaklik raak nie? Ek het die ander dag gewonder wat sou gebeur as Jesus, na my kerk toe sou kom, op soek na werk. Sou ons Hom as predikant aanstel? Verstaan my mooi, my kerk is ‘n goeie plek; skoon, netjies en doeltreffend. Ons doen baie goeie dinge daar. Ons help die armes. Ons sing liedjies en luister Sondae na die predikant. Ons… wel, jy kry die prentjie. Dit is ‘n goeie plek; ‘n opbouende plek. Maar sal ons Jesus in ons gemeente wil hê? Sal ons hom as ons predikant aanstel? Dink mooi: Hy was ‘n vriend van prostitute, melaatses, tollenaars, veragtelike en verworpe mense. Hy het uitgereik na mense wat ander vermy. Matteus 20: 29-34 Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het ‘n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg. Aan wie se kant sou ek en jy gewees het? Aan dié van die kritiese skare, of aan Jesus se kant? Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.