... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Het Ek Iets Misgekyk?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Listen to the radio broadcast of

Het Ek Iets Misgekyk?


Download audio file

Wat het jy gisteraand vir aandete gehad? Het jy dit geniet? En wat van ontbyt vanoggend? Was dit lekker? Dit is wonderlik om ‘n vol maag te hê, versadig en tevrede te wees. En tog is daar miljoene mense in die wêreld, wat geen idee het hoe dít voel nie. Elke keer as daar ‘n griepuitbraak is, sterf ‘n handjievol mense van ons gemeenskap. Normaalweg is dit bejaardes wat sterf. Het jy geweet dat dit ‘n bekende feit is, dat begrafnisondernemings in die winter goeie besigheid doen? Wat gebeur as daar ‘n baie groter uitbraak is? ‘n Epidemie, ‘n pandemie soos die voëlgriep, die Sars en nou die Corona? Die paniek. . . En tog lyk dit asof ons willens en wetens die feit kan ignoreer dat meer as 40 000 mense elke dag van honger sterf; twee derdes van hulle is kinders. Stop en dink mooi: 40 000 daagliks! Hoekom raak ons op hol oor virusse en steur ons nie aan die 40 000 nie? Ek vra jou, waarom is daardie 40 000 nie die belangrikste item op elke aand se nuusbulletin nie? Miskien is dit omdat ek en jy virusse kán kry, maar ons gaan nie honger ly nie? Miskien stel diegene van ons, wat die nuus kyk, meer belang in dinge wat óns raak; ons gemak, ons vrede, ons vreugde, as in die ondenkbare lyding van miljoene honger mense? Jesus het ‘n baie groot geneentheid teenoor die armes gehad. Hy het gesê dat Hy gekom het om die goeie nuus aan die armes te bring. Hy het baie van sy tyd saam met hulle deurgebring. Hy het hulle liefgehad. Hy het hulle genees. Hy het hulle geseën. Hoekom? Want dit is wie God is. Ons lees in: Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense. Kan ek jou vra: Wat doen jy vir diegene wat honger het? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge