... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bedagsaamheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 4:5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

Listen to the radio broadcast of

Bedagsaamheid


Download audio file

Lets waaraan ons nie gereeld nadink nie, is hoe ons, ons naaste behandel. Ag nee wat, dis tog baie belangriker om te dink aan hoe húlle óns behandel? Is dit nie so nie? Hoe tragies is dit? Maar sê my, hoe behandel jy ander? Ek weet nie hoe jy by die werk kom nie, maar oral in die wêreld spring miljoene mense elke oggend en elke middag in motors of hulle gebruik openbare vervoer. Een groot geskarrel. Of jy téén die verkeer stoei, of jou pad in ‘n trein, of bus of taxi probeer oopwurm, is daar waarskynlik een woord wat jy eenvoudig nie sal gebruik om jou reis te beskryf nie. Bedagsaam. Dit is alles behalwe. Probeer brutaal, frustrerend, woedend, dreinerend, alles BEHALWE bedagsaam! En selfs op plekke waar ons verwag om medemenslikheid en gemoedelikheid te sien, ontbreek dit so dikwels. In bejaardesorg-fasiliteite, hospitale, skole, selfs in huise. Bedagsaamheid is byna ‘n vergete eienskap in hierdie chaotiese wêreld. Stem jy saam? Ek bedoel, hoeveel saggeaarde hulpvaardige mense is daar by jou werk? As jy mense sou vra hoe hulle behandel wil word, sal hulle enige tyd erken dat hulle vriendelik en sagmoedig hanteer wil word. Ek is nie van nature ‘n sagte mens nie. Dit is iets wat ek moes leer; inteendeel, iets wat ek nog besig is om te leer. Die apostel Paulus, het ‘n paar duisend jaar gelede die spyker op die kop geslaan toe hy die volgende uit sy dodesel geskryf het in: Filippense 4:5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Wanneer jy môreoggend gereed maak vir jou besige dag, sal jy outomaties daaraan dink aan hoe jy sagmoedig en vriendelik kan optree? Seker nie? Maar besef jy dat jy iemand se dag kan opkikker, deur ‘n gebaar van vriendelikheid. Jy kan vandag iemand se lewe verander deur hom as mens raak te sien. Laat almal sien dat jy bedagsaam en vriendelik is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge