Twee pap Bande
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Moegheid is deesdae ‘n pandemie. Wat’s fout? Kry mense nie genoeg slaap nie? Moontlik. . . Maar ek vermoed dat die oorsaak van die gevoel van moegheid baie dieper lê, as ‘n blote tekort aan slaap. Enigiemand wat ‘n motor besit, weet hoe verskriklik dit is om te ontdek dat jy ‘n pap band het. Wat ‘n pyn! Maar daar is iets erger, as om net een pap band te hê. Ja, jy het geraai. Dit is om twee pap bande te hê. Dit is beslis baie, baie erger. Dit het net onlangs met my gebeur. Terwyl ek ‘n paar dae weg was, het iemand ‘n skroewedraaier deur een van my motor se bande gesteek. Fantasties! Ek het die noodband opgesit, maar nie kans gemaak om die beskadigde een te herstel nie. Gister kom my vrou moedeloos uit die motorhuis teruggestap, met die aankondiging dat sy nêrens heen kan gaan nie, want ‘n tweede band is pap. Solank jy ‘n noodwiel het, gaan dit goed met jou. Maar as die noodwiel ook beskadig is, gaan jy nêrens heen nie. En dit is hoe baie mense hul lewens leef. Emosioneel is hulle platgeslaan en terselfdertyd is hulle ook geestelike uitgeput. Twee pap bande. Hulle gaan nêrens heen nie. Mense vra my gereeld hoe ek, op my ouderdom, so ‘n besige tempo volhou. Dit is regtig baie eenvoudig. Ek bring elke oggend, tyd deur om te bid. Tyd alleen met Jesus. Tyd in God se Woord. Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Wag op die Here. Vernuwe jou krag. Elke dag. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.