... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorvloedige Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

Listen to the radio broadcast of

Oorvloedige Lewe


Download audio file

Jesus het ons belowe dat as ons op Hom vertrou, Hy ons ‘n oorvloedige lewe sal gee. Iemand het my eenkeer gevra: ‘Hoe lyk dit?’ En dit … dit is ‘n baie goeie vraag. Hoe lyk jou oorvloedige lewe in Christus? Hoe is dit veronderstel om te lyk? Dis fassinerend hoe baie van ons eienskappe ons van ons ouers geërf het. Ons is hulle lewende nalatenskap. Ek is uniek, want ek is op ‘n wonderbaarlike wyse saamgeweef uit die DNA van my ma en my pa. Dieselfde is waar van jou. Ons ouers leer ons hoe om te lewe. Onbewustelik neem ons hul maniertjies en moraliteit aan. Ons word gevorm deur wie hulle as mense is en die wyse waarop hulle ons opvoed. Dit is ‘n ongelooflike proses, as jy daaraan dink. En weet jy, in die volgende generasies, herhaal die hele ding hom weer en weer. Voorwaar wonderbaarlik. . . As ons ‘n bietjie daaroor nadink, sien ons dis dieselfde in ons verhouding met God. Hy is ons Vader. Ons is na sy beeld gemaak … die beeld van ‘n oorvloedig kreatiewe, ‘n oorvloedig vrygewige, ‘n oorvloedige liefdevolle God. Soos die invloed wat ons ouers op ons gehad het, ons gevorm het, is ons veronderstel om God se vormingsinvloed in ons lewens te weerspieël. Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was.  Hoe werk hierdie oorvloedige lewe wat Jesus ons in Johannes 10:10 belowe het, in die praktyk?  Ek dink dit gebeur as ons, ons dit ten doel stel om ons lewens op Jesus te modelleer en Hom as voorbeeld na te volg; kreatief, vrygewig, liefdevol. … Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge