... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Roker se Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Listen to the radio broadcast of

‘n Roker se Lewe


Download audio file

Die skeidslyn tussen reg en verkeerd, is vir jare al kontensieus en wankelrig. En die afgelope twintig jaar of so, het daardie lyn baie beweeg, en weet jy, ons noem dít sosiale vooruitgang! Die vraag is: Was dit tot ons voordeel? Ek hou baie van stap. Die vars lug, die wonderlike reuke, die landskap, die geluide. Dis voed my siel! Die ander dag, stap ek buite en geniet die son op my gesig, die geur van blomme, en skielik begin iets anders met die geur inmeng. Rook! Nes ek gedink het! Voor my het iemand ‘n sigaret aangesteek. Ek was vroeër ‘n drie-pakkies-per-dag-roker, daarom verstaan ek ​​die hunkering. Ek verstaan regtig! Maar is dit nie ontstellend hoe ons die perfekte wêreld, wat God geskep het, besoedel nie? En dan praat ek nie eers van die ongelooflike liggame wat Hy vir ons gegee het nie. Wat doen ons? Ons vergiftig onsself en maak asof ons dit geniet … en dit, terwyl ons, teen ons beter wete, stadig maar seker aan die binnekant doodgaan! Ons bluf onsself! Ons probeer regverdiging vind vir ‘n hele klomp dinge wat sleg is vir ons. Kyk wat sê: Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. Nou dink party van julle miskien: ‘Ag, regtig, kom nou Berni! Dinge in die wêreld het baie verander. Dis hoe dinge vandag is.” Miskien, maar al probeer jy ook hoe hard, jy kan niks vind wat die gevoel van die son op jou gesig en die geur van daardie blomme troef nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge