... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Skellende Papegaai

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 12:46,47 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

Listen to the radio broadcast of

Die Skellende Papegaai


Download audio file

Een van die redes waarom so baie mense huiwerig is om Jesus aan te neem, is omdat ons bang is dat Hy ons sal veroordeel oor die dinge wat ons gedoen het. Dié vrees het my bykans twee dekades lank teruggehou!   Wanneer ek in my studeerkamer probeer werk, maak die buurman se papegaai, wat net aanhou skree, my absoluut mal. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis ‘n pragtige voël, maar hy maak dag na dag die vreeslikste geluide! Ek moet bieg, dat ek al in die versoeking was om die voël ernstige skade aan te doen. Ek wonder of ons nie almal mense in ons lewens het, wat ‘n opvallende ooreenkoms met die ellendige papegaai toon nie? Hulle lyk na wonderlike mense. Maar as hulle hul monde oopmaak, is hulle net so irriterend soos daardie skreiende, skreeuende papegaai. Ek was eintlik baie so. Die enigste woorde wat uit my mond gekom het, was harde, kritiese woorde. Maar, toe Jesus in my lewe ingekom het, het iets radikaal verander. Ek het verwag dat Hy my met harde, kritiese woorde sou berispe, want dit is, wat ek verdien het. Maar Hy het na my gekom met sagte, liefdevolle woorde. Hy moes my veroordeel het, maar in plaas daarvan, fluister hy in: Johannes 12:46,47 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. Weet jy, ons was almal sulke skreeuende papegaaie in iemand anders se lewe? Ons was! Maar Jesus se reaksie is nie om ons te oordeel, of af te skryf nie. Nee. Hy het ons kom red. Jesus het gekom om jóú te red. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge