... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bemoedig Mekaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 5: 18 b,19,20 Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Bemoedig Mekaar


Download audio file

Het jy al op ‘n dag terneergedruk gevoel, en toe kom daar iemand na jou toe met ‘n eenvoudige woordjie van bemoediging en net daar het jou dag dalk selfs jou lewe, verander?

Kom ons stop net daar en verbeel ons, dat ek en jy vandag, of dalk môre, daardie inspirerende persoon in iemand anders se lewe is, wat ‘n daadwerklike verskil maak. Weet jy, dat die Heilige Gees daarna smag om ons, as ons in Jesus glo en as ons onsself Christene noem, begeer om ons met ‘n vloedgolf van sy blydskap te vul. 

En dit is ‘n tsunami wat lewe kan bring vir menige dorre, seer harte om jou. Maar ongelukkig voel ons nie altyd asof ons genoeg van ons eie vreugde het om te deel nie, wat nog te sê om van oor te borrel! Kyk wat staan hier in …

Efesiërs 5: 18 b,19,20 Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)

Musiek is so ‘n wonderlike geskenk van God. Die gesange en liedjies wat oor die radio, of deur die een van die baie digitale kanale uitgesaai word, is so kragtig. En God gee nie om hoe vals jou sang vir die menslike oor mag klink nie, Hy verlustig Homself daarin wanneer jy sy lof besing. Hy waardeer dit wanneer jy in jou hart musiek maak. Hy is dol daaroor wanneer jy Hom vir alles in Christus se Naam dank!

En as jy Hom met oorgawe loof, sal daardie vloedgolf van vreugde, wat uit jou uitborrel, vir diegene om jou, wat dit so broodnodig het, as kragtige aanmoediging dien!

Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.