... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aandring op Jou Regte 

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê

Listen to the radio broadcast of

Aandring op Jou Regte 


Download audio file

Op watter regte, dink jy, is jy vandag, met al die dinge wat om ons aangaan, geregtig? Daardie onaantasbare menseregte wat jy toegelaat moet word, om sonder inmenging, uit te leef.

Dit blyk dat die lys menseregte waarop ons glo ons geregtig is, net elke dag langer word. Vryheid van denke, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, vryheid van godsdiens … wie sou daarteen argumenteer? Dis nie ‘n moeilike vraag nie. Dis diegene wat dinge sê waarmee ander nie saamstem nie. Dis diegene wat assosieer met mense wat ander onsmaaklik vind. Dis diegene wat glo jou godsdiens is sommer ‘n klomp gemors. Dis wat vandag in ons wêreld aangaan; mense eis dat hul sienings, hul oortuigings, hul lewenstyl, onder die vaandel van diversiteit, deur almal aanvaar en sommer toegejuig moet word.

Kom ons kyk: as ek en jy oor iets verskil, en ek dring daarop aan dat jy met my moet saamstem, en jy dring daarop aan dat ek met jou moet saamstem … hoe goed gaan dit werk? 

Ek het nou die dag iets gelees wat my opgeval het: om op jou regte aan te dring sonder om jou verantwoordelikhede te erken, is nie vryheid nie, dis onvolwassenheid.

As jy iemand is wat in Jesus glo, wat is jou verantwoordelikhede? Ons lees in:

Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

Ja, en soos die apostel Paulus dit later stel, het Jesus sy lewe vir ons afgelê, selfs terwyl ons in ons sonde sy vyande was.

Dit lyk vir my of die enigste reg wat aan my as ‘n dissipel van Jesus verleen word, is om my kruis op te neem en Hom te volg. En daar is ‘n prys om te betaal. Dit gaan baie kos!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.