... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag om Soos Jesus te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 1:3,4 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag om Soos Jesus te Wees


Download audio file

Daar is sekerlik dae wanneer jy in die wolke, sterk en absoluut onwankelbaar voel. En dan is daar die dae wanneer jy swak en magteloos voel. Miskien het jy selfs meer sulkes, as van die onwankelbares.

Die slaggat waarin ons almal geneig is om in te trap, is om onsself met ander te vergelyk. Die probleem is dat ons ons slegste dae met hul beste dae vergelyk – asof hulle geen af dae het nie!

En dit laat ons net nog meer magteloos voel om dié mense te wees wat God ons gemaak het om te wees en om dít te doen waarvoor Hy ons geskep het. Maar ek wil vir jou sê dat God alreeds vir jou alles gegee het wat jy nodig het om jou lewe aan Hom toegewy te leef en om meer soos Jesus te wees!

Om die waarheid te sê, kan ek dit oor-en-oor vir jou vertel en dit sal nie ‘n titseltjie verskil aan jou lewe maak nie. Maar wanneer God daardie waarhede vir jou ‘n werklikheid maak, dan verander dit alles!

2 Petrus 1:3,4 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

Deur Jesus het jy alles wat jy nodig het om jou lewe aan God gewy te leef. En dis die krag om meer en meer soos Hy te wees. So ‘n ontsettende groot gawe! Hou op om jouself met ander te vergelyk. Leef in sy krag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.