... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Waarde van Goeie Gewoontes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:22-25 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Listen to the radio broadcast of

Die Waarde van Goeie Gewoontes


Download audio file

Een van die grootste dryfvere in ons lewens wat ‘n positiewe of ‘n negatiewe invloed kan uitoefen, is die gewoontes wat ons óf tot ons voordeel aankweek óf tot ons nadeel in verval. Hoe gesond is jou gewoontes?

As iemand wat fisieke oefening met ‘n passie haat, het ek vir ‘n lang tyd die kenners hoor sê: “Jy moet oefen wanneer jy ouer word,” maar ek het nie na hulle raad geluister nie. Totdat ek eendag vroeër vanjaar, so ‘n sterk oortuiging gehad het dat, tensy ek iets doen, my spiermassa en beendigtheid sal aanhou agteruitgaan … en dit, my vriend, hou niks goeds vir my toekoms in nie.

Ek het dadelik daaraan aandag gegee. Ek doen nou elke oggend, behalwe Sondae, sodra ek uit die bed opstaan, soveel opstoot- en hurkoefeninge as wat ek kan, en drie dae per week doen ek  ‘n paar hoë intensiteit interval-oefeninge om my hartklop op te jaag. En weet jy, ek voel eerlikwaar fantasties. Maar die verandering het nie gekom bloot deur na die kenners se raad te luister nie. Ek was besig om goeie gewoontes te kweek.

Jakobus 1:22-25 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

So … moenie net daar sit nie. Kom aan die gang.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.