... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lang Dae, Kort Jare

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine13:10,11 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.

Listen to the radio broadcast of

Lang Dae, Kort Jare


Download audio file

Terwyl die gemiddelde lewensduur van ‘n gemiddelde persoon in byna elke nasie dwarsdeur die wêreld aan die toeneem is, kan jy eenvoudig nie volgens die statistieke skat hoe lank jy nog gaan lewe nie.

Onlangs het Glenn, ‘n goeie vriend van my, ‘n bietjie olik en kortasem gevoel. Ná ’n besoek aan die dokter en ’n paar toetse, het hulle hom hospitaal toe gehaas vir ’n driedubbele hartomleidingsoperasie. Glenn? Nee, man, hy is net vyftig; reg soos ‘n roer; hy’s nie oorgewig nie; hy was nog nooit ‘n roker nie en hy het byna elke oggend op sy branderplank gaan ry.

Myns insiens is Glenn die laaste persoon wat ek sou kon voorstel om drie verstopte are te hê. Prys die Here, hy het ten volle herstel, maar sy storie maak ons net weer bewus daarvan dat ons nie op gemiddeldes kan staatmaak nie.

Miskien werk jy, soos ons almal, hard. En al voel die dae soms lank, voel die jare – snaaks genoeg – kort. Hoe meer gefokus jy is op wat jy doen, hoe vinniger gaan daardie jare verby.

En wanneer die lewe verby is, is die invloed op mense se lewens en die liefde wat ons aan hulle bewys het, die enigste nalatenskap wat ek en jy sal hê. 

Romeine 13:10,11 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.

My vriend, jy weet nie hoe lank jy oor het nie. Word wakker, elke dag tel. Die geleentheid om lief te hê is hier – nou! Want die einde, wel, dit is miskien baie nader as wat ons dink.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.