... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Van Vader tot Seun

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.

Listen to the radio broadcast of

Van Vader tot Seun


Download audio file

Een van die mees besondere verhoudings wat ons in hierdie lewe kan hê, is dié van ‘n ouer en sy kind. Ek weet dit is nie van toepassing op almal nie, maar die meeste mense, selfs al is hulle nie ouers nie, kan hierby aansluiting vind. 

Ouers wil die allerbeste vir hul kinders hê. Kom ons dink aan watter soort wysheid jy graag aan ‘n kind sou wou oordra? Wat sal jou heel beste raad aan hulle wees, om hulle vir die lewe toe te rus, lank nadat jy nie meer daar is nie?

In sy laaste dae het koning Dawid van Israel hierdie kosbare kleinood van wysheid aan sy seun, Salomo, oorgedra. Ons lees in:

1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met ‘n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.

Dit is so eenvoudig en so kragtig. Dien God met jou hele hart, met jou hele wese. Ken God en dien Hom. En doen dit met ‘n rein hart, ‘n goeie hart, ‘n dankbare hart. Want wanneer jy Hom nodig het, is Hy bewus daarvan en gereed om jou te help.

Wat ‘n wonderlike ding is dit, om wanneer jou hart teenoor Hom, teenoor diegene rondom jou en teenoor die lewe self, suiwer is; kan jy vir God vra om hulp en Hy sal jou antwoord. 

My vriend, in watter moeilike situasie jy nou ook al verkeer, luister na Dawid se raad aan Salomo. Laat die Heilige Gees toe om dit te gebruik om jou hart sag te maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.