... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 24:11,12a Red dié wat na hulle dood toe gesleep word, dié wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”,

Listen to the radio broadcast of

Dis Lewe


Download audio file

Een van die grootste twispunte tussen wêreldse mense en diegene wat aan Jesus behoort, is die kwessie van aborsie. Wêreldse mense vra: Waarom is die Christene so outyds wanneer dit oor aborsie gaan?

Ek kan eerlik vir jou sê dat ek voor ek op die ouderdom van 36, ‘n Christen geword het, niks verkeerd gesien het met aborsie nie. Ek kon nie verstaan wat verkeerd was daarmee nie; dit is tog beter om vooraf van die fetus ontslae te raak, as om ‘n ongewenste kind in die wêreld te bring, is dit nie? Hoekom raak die Christene so opgeklits oor hierdie kwessie?

Maar weet jy, die oomblik toe ek my lewe aan Christus gegee het, het ek heeltemal anders oor die saak begin voel. Ek kon die probleem baie duidelik insien. Kevin Sorbo van die Vitae-stigting stel dit so: “Op 22 dae is daar ’n hartklop. As dit nie ’n lewe is nie, vertel my dan wat is.” 

Omdat ek op ‘n stadium anders gevoel het, kan ek beide die pro-keuse en die pro-lewe mense se standpunte insien. Wêreldse mense vra: Maar hoekom kan daardie Christene nie hul sienings vir hulself hou nie? Hoekom moet hulle so tekere gaan daaroor? Maar ons lees in:

Spreuke 24:11 en 12a Red dié wat na hulle dood toe gesleep word, dié wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”

Dis hoekom. Aborsie is die neem van ‘n lewe. En dié van ons wat in Jesus glo, het eenvoudig nie die opsie om te swyg daaroor nie. Daardie fetus … is ‘n lewe. En wanneer daar ‘n geleentheid is, moet ons doen wat ons kan om lewens te red.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.