... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Verrottende Beskawing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 3:3,4 Heel eerste wil ek julle herinner dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak en doen net waarvoor hulle lus is. Hulle sal soos volg redeneer: “Jesus het belowe Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was.”(NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Verrottende Beskawing


Download audio file

Word jy ooit siek en sat daarvan om Nuus te kyk, te luister of te lees? Ek word. Hoe meer jy objektief probeer wees, hoe meer lyk en klink dit net soos ‘n klomp humeurige mense wat stry en hulself sleg gedra – uiters sleg.

Miskien is ek nou ‘n bietjie pessimisties … en ja, natuurlik moet ons tred hou met wat in die wêreld aangaan. Maar dit lyk asof die nuus in ‘n kakofonie van kritiek ontaard het.

En dan is daar regtig belaglike reëls soos: Skole wat woorde soos “ma” en “pa” verbied, omdat dit deesdae as geslag- kwetsend beskou word. Mans wat soos vroue aantrek om in vroue sport mee te ding en dan te wen. Mense wat wette toejuig wat toelaat dat babas in hordes uit hul moeders se baarmoeders geruk word.

En as iemand dit sou waag om op te staan en uit te wys dat dit inderdaad belaglik is, wil mense hulle stilmaak en kruisig. Maar hoekom sal dit ons verbaas? Kyk wat staan in:

2 Petrus 3:3,4 Heel eerste wil ek julle herinner dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak en doen net waarvoor hulle lus is. Hulle sal soos volg redeneer: “Jesus het belowe Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was.”

Dit is tweeduisend jaar gelede geskryf. Niks het verander nie. Die twintigste-eeuse filosoof en teoloog, GK Chesterton, het dit so gestel: Elke groot beskawing gaan agteruit wanneer hulle vanselfsprekende dinge vergeet. En dit is presies wat besig is om te gebeur.

Glo jy in Jesus? Moet dan nie deel wees van daardie verval nie. Moenie die ooglopende dinge vergeet nie. Ons is almal sondaars. Jesus het gesterf sodat ons vergewe kan word, en Hy het opgestaan sodat ons lewens verander kan word. Ja … en eendag, miskien gouer as wat ons dink, kom Hy terug.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.