... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aan die Anderkant

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:1-3 "Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Listen to the radio broadcast of

Aan die Anderkant


Download audio file

Was jy al ooit net effentjies bekommerd oor wat aan die ander kant van hierdie lewe lê … oor daardie dag wanneer jy jou laaste asem uitblaas? Jy is nie alleen nie.

Laat my toe om ‘n kort storietjie, wat ek onlangs raakgeloop het, te deel.

’n Siek man het na sy dokter gegaan en terwyl hy op pad uit die was, het hy gesê: “Dokter, ek is bang om te sterf. Sê vir my, wat lê aan die ander kant?”

Die dokter antwoord toe: “Ek weet nie …”

“Jy weet nie? Jy is ’n Christen en jy weet nie wat aan die ander kant is nie?”

Toe die dokter aan die deur se handvatsel vat, was daar skielik ‘n gekrap en getjank van die vertrek langsaan. Toe hy die deur oopmaak, storm ‘n hond die kamer binne en spring baie opgewonde teen hom op. Die dokter het na die pasiënt gedraai en gesê: “Sien jy? My hond was nog nooit in hierdie kamer nie, want die hekkie is altyd gesluit. Hy het nie geweet wat binnekant is nie. Hy weet niks behalwe dat sy meester hier is nie. Toe die deur oopgaan, het hy sonder vrees ingespring. Ek weet min van wat aan die ander kant van die dood lê, maar ek weet een ding … my Meester is daar, en dit is vir my genoeg.”

Johannes 14:1-3  “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.