... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dié wat Jou Beledig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 12:16 ‘n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie.

Listen to the radio broadcast of

Dié wat Jou Beledig


Download audio file

Dit lyk vir my asof daar feitlik elke dag iemand daar buite is wat ‘n mens wil beledig; jou aanstoot wil gee – hetsy direk, persoonlik, of net deur daarop aan te dring dat jy aan hulle idees en hulle norme moet voldoen. Het jy dit ook opgemerk?

Baie – nie almal nie, maar baie – van diegene links en regs van die politieke spektrum is onverdraagsaam teenoor mekaar, en hulle het die kuns om mekaar te beledig, tot ‘n nuwe vlak verhef… een wat die samelewing uitmekaar skeur.

Maar, weet jy, dit is nie net in die politiek nie. Dit is in byna elke sfeer van die lewe. In die werkplek, in die media, in … wel, byna in alles. En as jy soos ek voel, is dit sekerlik ontstellend, nè? Wie wil beledig word? Wie wil radikale, opponerende sienings in hul keel afgedruk hê? Dit is baie kwetsend!

Nouja … hier is ‘n bietjie goddelike wysheid om jou in sulke situasies te help:

Spreuke 12:16n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; ‘n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie.

Die versoeking is om wanneer ons ontsteld is, ook beledigend te word; ‘n verpletterende antwoord te gee; ‘n weerhaak terug te gooi om net ‘n bietjie van jou waardigheid te herwin of, om dan ten minste, te weier om van opinie te verander.

Tog is dit volgens God ‘n dwase ding om maklik gekrenk te voel. Inteendeel, wyse mense vermy dit om die ander party terug te beledig. Of soos iemand anders eenkeer gesê het…

Ons kan eintlik weier om aanstoot te neem. Wanneer mense jou ignoreer, of wanneer hulle gemeen of onbeskof teenoor jou is … openbaar hulle eintlik hulself. Hulle vertel jou wat in hulle is, nie wat binne-in jou is nie. Die wyse waarop jy diegene behandel wat jou beledig, openbaar jou vlak van emosionele en geestelike volwassenheid.

Dwase word maklik ontsteld, maar wyse mense vermy dit om ander te beledig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.