... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Egte Verhoudings

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

Listen to the radio broadcast of

Egte Verhoudings


Download audio file

In die wêreld waarin ons leef, waar ons toestelle, wat ‘n paar jaar gelede as superrekenaars beskou sou kon word in ons handpalms kan vashou, was die versoeking om ontrou te wees aan jou huweliksmaat, nog nooit so groot soos vandag nie.

Ja, dit is ‘n ontsaglike sosiale probleem. Hierdie toestelle skeur huwelike op ‘n groot skaal uitmekaar – of dit nou is om onbehoorlike aanlyn-verhoudings aan te knoop of om na pornografiese inhoud te kyk … Maar kyk wat staan in:

Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

Wanneer ek so ‘n versie lees, wil ek graag die oorspronklike Grieks waarin dit geskryf is, opsoek. En hierin sê die skrywer dat die huweliksbed nie besoedel moet word nie.

Dit is een ding om te sê … moet dit nie doen nie! Dit is ‘n ander ding om te vra: Hoe kry ek dit reg? Maar hoe op dees aarde kry ons dit reg om nie toe te gee aan die versoeking om ontrou te wees, wanneer die verskriklikste, onvanpaste inhoud die hele tyd onder ons neuse gevryf word?

Die antwoord is: deur jou huwelik te eerbiedig. Maak seker dat jou huwelik met die emosionele en fisiese intimiteit, wat God van die begin af vir die huwelik bedoel het, gevul is. Dit is sy geskenk vir beide man en vrou.

Moenie julleself van mekaar weerhou nie. Moenie jou lewe met jou neus in jou selfoon leef, waar jy permanent deur nuusflitse op jou sosiale media verlei word nie.

Daardie verwaarlosing is op sigself ‘n ontering van jou huwelik. Nee moenie moeilikheid soek nie!

Die huwelik moet deur almal geëer word. En elke huwelik moet deur beide man en vrou rein gehou word.

Meneer en mevrou … eer jul huwelik. Gee julleself aan mekaar sodat julle nie in versoeking beland en onder die oordeel van God kom nie!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.