... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof in die Toekoms

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:13-16 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.

Listen to the radio broadcast of

Geloof in die Toekoms


Download audio file

Het jy al ooit gevoel asof die beloftes van God jou ontwyk het? Jy wil vasstaan op sy beloftes, maar op een of ander manier het hulle soos mis voor die son verdwyn. Wel, ek kan jou onomwonde sê, jy is nie alleen nie.

En daar is ‘n rede daarvoor. Jy sien ek en jy, in ons menslike broosheid, wil ten diepste glo, dat die beloftes van God net om ons draai. God se beloftes moet in ons tydraamwerke en netjies by ons lewens inpas. Maar as ons ‘n oomblik sal neem om terug te tree, sal ons besef dat God, vir wie ‘n duisend jaar soos ‘n dag is, baie beslis nie so werk nie.

En tog weier ons om van ons selfgesentreerde idees af te sien. Dit is die fout wat ons maak. Kom ons herfokus. Kom ons verstaan ‘die beloftes van God’ vanuit sy perspektief:

Hebreërs 11:13-16 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na ‘n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na ‘n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle ‘n stad gereed gemaak.

Die beloftes van God is soveel groter, soveel beter as enigiets wat ons onsself vanuit ons eng perspektief kan voorstel. Dit is die sleutel om sy beloftes te verstaan. Dit is die sleutel om volgens sy beloftes te leef. Dink groot! 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.