... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Goedheid en Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Joël 2:12,13 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.

Listen to the radio broadcast of

God se Goedheid en Genade


Download audio file

Dinge in die lewe kan soms sleg skeefloop. Die een oomblik gaan dit goed en dan gaan dit ellendig. Dit wissel van ‘n tyd van oorvloed tot ‘n tyd van hongersnood; van ‘n tyd van vreugde tot ‘n tyd van hartseer. En hoe verder ons van God af wegdryf, hoe erger word dit.

Tydens ‘n baie hartseer tyd van die een sprinkaanplaag op die ander en ontsettende droogte in Israel, het God se uitverkore volk nie meer soos uitverkorenes gevoel nie. 

Hoekom het dit gebeur? Wat was die oorsaak daarvan? Wel, God antwoord dit, redelik direk, deur die Ou-Testamentiese profeet, Joël. Ons lees in:

Joël 2:12,13 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.

God se uitverkore volk het deur hulle sonde van God af weggedryf. Dit het ook al met jou gebeur, nè? Ek verstaan. En eerder as om hulle verder te straf, eerder as om hulle nog ernstiger te vermaan, roep Hy hulle om met hulle hele hart na Hom terug te kom.

Kom met julle hele hart terug na My toe. . . Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde.

Soms, ja, so dikwels, loop dinge skeef in ons lewe as ‘n direkte gevolg van ons sonde; joune en myne. Maar wanneer God toelaat dat die gevolge van ons sonde ons tref om ons weer tot ons sinne te bring, is sy doel – in sy groot en magtige hart – om ons terug te trek na Hom toe.

Kom met julle hele hart terug na die HERE jou God. Hy is geduldig en genadig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly