... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoeveel Hoop Het Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3 :15 Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoeveel Hoop Het Jy?


Download audio file

Kan ek jou vra om vir ‘n oomblik stil te sit en mooi te dink hoe jy nou voel. Wat is jou emosionele toestand? Hoeveel hoop het jy?

Ek wil jou help om te fokus op hoe optimisties of pessimisties jy oor jou toekoms voel. Ja ek weet dat ons verskillende dinge op verskillende tye voel, omdat gevoelens wispelturig kan wees. En tog kyk ons deur ons emosies na die wêreld om ons. Ons ervaar die lewe deur ons emosies. Ons seën of vervloek ander … deur ons emosies. Ja, emosies is ongelooflik belangrik.

Nouja, hoe hoopvol, of wanhopig voel jy? Terwyl jy oor daardie vraag nadink, kyk wat sê hierdie vers uit die Woord van God in:

1 Petrus 3:15 Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. (NLV)

Interessant. Hier skryf die apostel Petrus aan ‘n groep erg vervolgde Christene, met die veronderstelling dat hulle wel hoop het. Dis ‘n groot aanname, Petrus, ou vriend!

Maar as jy in jou hart vir Christus as Here eer, en as jou fokus op Hom is; en as jy gereeld roem in die Kruis van Christus; en wat Hy vir jou gedoen het; en as jy sy Woord in jou hart bewaar; en die Gees van God toelaat om sy krag in jou hart uit te stort; dan sal jy onwrikbare hoop in Christus hê.  

En weet jy, mense kyk na jou. Hulle sien of jy sonder hoop of vol hoop is. Dit is jou getuienis aan hulle. Erkendus in jou hart dat Christus die een is wat seggenskap oor jou het. Vereer Christus oor en oor as Here. Die res sal outomaties vloei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.