... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Terug Na Job

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 23:10-12 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie. Sy bevel verontagsaam ek nie ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.

Listen to the radio broadcast of

Terug Na Job


Download audio file

Dit is maklik om hoop vir die toekoms te hê wanneer dit goed gaan. Maar wanneer dit nie goed gaan nie, kan ‘n gevoel van hopeloosheid, selfs van moedeloosheid, intree. En dit maak dinge verseker net erger.

Ons het nou die dag gesels oor Job, die Ou Testamentiese karakter, wat ten spyte van die baie ontberinge wat hy beleef het, nooit vir God daarvoor blameer het nie. Soms moes hy op sy tande kners en ek is absoluut seker dat die trane party dae gevloei het.

Maar hy kon sê: Die HERE het my alles gegee wat ek gehad het, en nou het Hy dit alles weggeneem. Prys die Naam van die HERE!”  En die enigste manier waarop hy die verlies van sy rykdom; sy sosiale status; sy gesin; en al die verskriklike dinge wat ‘n mens ooit kan tref, kon verwerk, was … wag, laat hy jou self vertel:

Job 23:10-12 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie. Sy bevel verontagsaam ek nie ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.

Hoe kon Job sy lyding oorleef? Hy het, ten spyte van sy omstandighede, sy pyn en die geknoei en kritiek van sy sogenaamde vriende, aan God vasgehou … hy het God bo alles gestel. Wanneer ons ly, is ons so geneig om van God weg te dryf; ons neig daarna om ons sleg te gedra en sy gebooie te ignoreer.

Maar om waarde te hegwaarde is ‘n gelaaide woord.

Ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.

Dis hoe! En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.