... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As Jy Glo, Sal Jy…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 2:19 Maar God se waarheid staan vas soos ’n fondamentsteen met die volgende inskripsie: “Die Here ken dié wat aan Hom behoort,” en: “Dié wat beweer dat hulle aan die Here behoort, moet wegdraai van alle boosheid.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

As Jy Glo, Sal Jy…


Download audio file

 Kan ek jou vra om terug te dink aan jou gedrag gedurende die vorige week. Vra jouself: Waaroor het ek gedink? Wat het ek gesê? Wat het ek gedoen wat ek weet, absoluut verkeerd was? Goed, hou hierdie lysie voor oë, sodat ons daaroor kan praat.

Sommige mense wat sê dat hulle in Jesus glo, leef lewens wat presies die teenoorgestelde verkondig. Aan die een kant gee hulle voor om ‘heilig’ te wees, maar aan die ander kant lei hulle skandelike lewens deur die Woord van God te verdraai of te ignoreer.

Nouja, ek hoop en bid dat jy nie in daardie kategorie val nie, maar, ons almal skiet in der waarheid tekort aan die heerlikheid van God; ons het almal selfs net gedurende die afgelope week dinge gedoen waarop ons nie trots is nie. Ons is almal tot ‘n mate huigelaars – ons sê een ding terwyl ons ‘n ander ding doen.

En dit is in hierdie konteks dat die apostel Paulus aan sy jong volgeling, Timoteus, skryf:

2 Timoteus 2:19 Maar God se waarheid staan vas soos ’n fondamentsteen met die volgende inskripsie: “Die Here ken dié wat aan Hom behoort,” en: “Dié wat beweer dat hulle aan die Here behoort, moet wegdraai van alle boosheid.” (NLV)

Dit is op daardie laaste gedeelte van die vers waarop ek wil hê ons vandag moet fokus; sodat ons ons skynheiligheid sal laat staan; sodat ons sal ophou om dubbel standaarde te gebruik; en sodat ons met ons hele hart onsself sal afsonder om heilig en onberispelik in Christus se oorwinning te leef.

Toemaar, dit is gelukkig nie iets wat ons in ons eie krag doen nie – ons hoef ook nie. Want as jy in Jesus glo, het jy sy Gees wat jou al die krag, wat jy nodig het om weg te draai van die bose, gegee het. Gebruik dus sy krag … om op te hou om te doen wat verkeerd is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.