... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beter Dae

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 4:16,17 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

Listen to the radio broadcast of

Beter Dae


Download audio file

Nog ‘n week is verby en dis alweer Sondag. Ek hoop dat jy vandag tyd opsy kan sit om God te aanbid en ‘n broodnodige ruskansie kan geniet. Vandag voel ek net lus om jou te bemoedig.

Die lewe eis beslis sy tol. Terwyl ons die pad van die wieg na die graf bewandel, doen ons stampe, stote en kneusplekke op, om nie eers van die gapende wonde te praat nie.

Nadat die apostel Paulus aan die begin van sy brief aan die Korintiërs van sy groot beproewinge met sy vriende gedeel het, het hy die volgende geskryf in:

2 Korintiërs 4:16,17 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

Ek probeer myself fiks hou, maar ek weet dat my uiterlike, dag na dag besig is om agteruit te gaan. Ja, my vriend, jou liggaam  word ook deur die verloop van tyd en die tol wat die lewe eis, verniel. Maar God se Woord vir jou vandag, is om nie moed te verloor nie, want hoe sterker jou geloof in Jesus is, hoe meer word jy dag na dag innerlik vernuwe – en dit is waar dit werklik saakmaak!

En dit is daar waar jy voorberei word vir ‘n ewigheid  – ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 

Ja, my vriend, moenie moed verloor nie. God is met jou en Hy is besig om jou te verander … want daar is ‘n wonderlike toekoms wat op jou wag.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.