... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Les Jou Dors

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Listen to the radio broadcast of

Les Jou Dors


Download audio file

Het jy al ooit op ‘n dag wakker geskrik en gevoel asof jou geloof in Christus uitgedor is en opdroog het. Het jy al gevoel asof jou geloof soveel swakker is as wat jy weet dit behoort te wees? Jy het seker al so gevoel – ek het! Die vraag is … wat moet ‘n mens daaraan doen?

Ek weet nie hoe dit met jou gesteld is nie, maar vir my raak die lewe soms só besig, dat ‘n mens by tye so moeg raak, dat jou ryk, lewendige, dinamiese verhouding met Jesus (soos dit altyd was en natuurlik tans behoort te wees) ‘n roetine geword het – alledaags en dor.

Jy het dit nooit beplan nie. Jy het nooit besluit om dit so leweloos te laat word nie. Maar die lewe het hierdie snaakse geneigdheid om jou te dreineer tot op die punt dat daardie verhouding met jou Here vir jou droog en selfs alledaags voel.

En net daar het die vreugde wat jy eens gehad het, verdamp. Die dinge wat jy voorheen in sy naam kon doen, soos om jou Godgegewe gawes te beoefen en om diegene rondom jou te dien, word al hoe moeiliker. Iets moet drasties verander. Kom ons kyk wat het Jesus gesê in:

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Daar is net een oplossing vir daardie verskriklike droogte; Jesus kan jou dors les; Jesus self. Is jy dors? Kom na Hom toe en drink en dan sal … lewende water uit jou binneste vloei. En weet jy, dit sal nie slegs genoeg vir jou wees totdat jy genoeg het nie, maar totdat jy soveel van sy Gees in jou het, dat jy sal oorloop van Hom.

Soos iemand eenkeer gesê het, met Jesus word ‘n beker water ‘n rivier – eintlik sommer baie riviere. Kom na Jesus toe en drink.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.