... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verbreed Jou Horison

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Listen to the radio broadcast of

Verbreed Jou Horison


Download audio file

Hoe voel jy wanneer jy ‘n fout begaan het en ‘n onskuldige persoon seergemaak het? Ek praat van ‘n fout waarvoor jy na regte die gevolge moes dra. En hierdie persoon het jou nie gekritiseer of gestraf nie, maar jou beskerm deur jou fout oor te sien?

Dis ‘n interessante vraag, nie waar nie? Ons weet ons verdien die gevolge van ons dade, maar wat gebeur wanneer die verontregte persoon besluit om genade aan ons te betoon?

Ek onthou hoe Christene ‘n hele paar jaar gelede, toe ek hulle aktief vervolg het, en doelbewus baie sleg behandel het, vir my blyplek gegee het toe ek dakloos was. Ek onthou hoe hulle saam met my gehuil het, toe ek gehuil het. Hoe hulle, hulle oor my ontferm het, in plaas daarvan om my te verwerp. 

Dit, my vriend, word genade genoem. En ek is vandag hier by jou omdat hulle genade bo geregtigheid gekies het. Geen wonder dat Jesus gesê het in:

Matteus 5:7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Dit is so maklik vir ons om selfvoldaan te raak wanneer die wêreld aanhou om ons te vertel wat ons verdien. Ja, dit is so maklik om selfgeregtig te wees wanneer iemand ons gevoelens seermaak. Maar weet jy, Jesus verwag van ons – van my en van jou – om genadig te wees.

En dit is verstommend dat wanneer ons daadwerklik begin soek na geleenthede om genade te betoon, ons getuienis vir Christus groei. En so word sy koninkryk gebou deur die krag van die Heilige Gees; mense se lewens verander en ons eie horisonne verbreed.

Natuurlik is dit maklik om te kla oor die gemors waarin die wêreld verkeer. Om te kerm oor die mense daar buite wat die verkeerde dinge doen; mense wat ons seermaak, wat ons dalk selfs vervolg.

Maar God se plan is om mense soos ek en jy wat nuut gemaak is, te gebruik … om die wêreld te verander. Watter geleenthede het jy om genade te betoon? Want … Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.