... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer jy Niks Meer Oor het om te Gee Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer jy Niks Meer Oor het om te Gee Nie


Download audio file

Het jy, as ‘n gelowige, al ooit ‘n bietjie verleë gevoel oor hoe min jy het om vir die Here se werk en tot die behoeftes van ander, by te dra? Ander kan soveel gee, maar ek het so min. . .

Miskien was dit nog nooit vir jou ‘n probleem om mildelik te kan gee nie. Of dalk het jy, net soos ek, destyds nie eers genoeg geld gehad om kos op die tafel te sit nie, wat nog te sê van ‘n paar munte om op ‘n Sondag in die kollektebordjie te gooi nie. En dit is glad nie ‘n lekker gevoel nie.

Wanneer ek terugdink aan daardie tye van swaarkry was ek diep geraak deur iets wat die senior pastoor van ons kerk, Stuart Crawshaw, gesê het: Nie almal is in ‘n situasie waar hulle kan gee nie, maar almal is in ‘n situasie waar hulle kan bid.

Hoe dikwels dink ons aan gebed as ‘n swak plaasvervanger vir gee? Hoe dikwels dink ons aan “Ek sal vir jou bid” as ‘n gemaklike antwoord, maar om te bid is in werklikheid die kragtigste ding wat enigeen van ons ooit kan doen. Want deur dit te doen, werk ons saam met God om sy koninkryk op aarde te sien kom.

Maar moenie net vir my glo nie, kyk wat staan in:

Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Ja, dis reg, ons moet die sonde in ons lewens hanteer. En ja, ons saak moet reg wees met God deur ons geloof in Jesus. Maar onthou die belofte: dat die gebed van ‘n gelowige ‘n kragtige uitwerking het.

Moet nooit, ooit die krag van jou gebed onderskat nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.