... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoekom is ons so Ongehoorsaam?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 11:32 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.

Listen to the radio broadcast of

Hoekom is ons so Ongehoorsaam?


Download audio file

Het jy al ooit gewonder hoekom ons so geneig is om ongehoorsaam en opstandig te wees? En nou praat ek nie net van ongehoorsaamheid teenoor die owerhede wat oor ons aangestel is nie, maar teenoor God self. Waar kom dit vandaan? Hoekom gebeur dit?

Dit begin vroeg in jou lewe, nie waar nie? Ek is seker alle kleuters ken daardie kort, kragtige “nee”! En as jy mooi daaroor nadink, is die geheim van die grootword-proses om te leer hoe om gesag te hanteer. Dit beteken dat jy as volwassene ‘n gesonde balans tussen onderwerping en selfhandhawing het; dat jy kan kies om die reëls na te kom, of om te doen wat jy wil.

Die probleem is, baie min van ons bereik daardie gesonde balans. Trouens, die meeste mense kry dit nooit reg nie. En dit is ‘n universele stryd wat baie mense verloor. Maar dit is ‘n stryd wat God wil hê jy moet wen.

Romeine 11:32 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.

Ja-nee, dis universeel. Almal het geweier om God te gehoorsaam. Hoekom? Wel, hier gee Hy vir ons die “rede”. God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy barmhartigheid kan bewys. Daarom kan nie een van ons spog oor hoe goed ons op ons eie regkom nie.

Die stryd is een wat ons almal in die gesig staar – die goeie nuus is dus dat jy nie ‘n uitsondering op die reël is nie. Dit is ‘n uitdaging wat God doelbewus voor die mens stel, sodat Hy sy genade kan bewys.

As jy Hom volgende keer in die steek laat, of as jy volgende keer struikel; staan op, stof jouself af, en gaan na Hom en vertrou op sy genade.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.