... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie in die Slagyster Trap Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.

Listen to the radio broadcast of

Moenie in die Slagyster Trap Nie


Download audio file

Dit is soms maklik om in belaglike argumente ingetrek te word. Heeltemal te maklik. En voor jy weet, in plaas daarvan om Jesus te volg, in plaas daarvan om goed te doen, is jy in die slagyster van politieke dogma ingesuig.

As jy in Jesus glo en as jy ernstig is om Hom elke dag te volg, gaan die wêreld nie baie in hulle noppies met jou wees nie. En hierdie kritiek lei dikwels daartoe dat Christene die behoefte het om hulself en hul geloof te verdedig.

Maar weet jy jou verweer kom dikwels in wettiese, politieke en ideologiese argumente na vore. Philip Yancey stel dit so:

C.S. Lewis het opgemerk dat byna alle oortredings van die Christelike geskiedenis ontstaan het, wanneer godsdiens met politiek verwar word. Die kerk kon dikwels nie die versoeking weerstaan om in politiek, wat sonder genade funksioneer, betrokke te raak nie.

Ons lees in:

Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is ‘n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.

Dwase argumente is sinneloos en nutteloos. Het jy dit gesnap? Gebruik liewer jou lewe as getuie. Want dan gaan dit nie oor mag of daaroor om ‘n argument te wen nie. Dit gaan oor genade.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Help see God’s Word actively working in millions more lives!

Help see countless more lives touched and transformed by the living Word of God – month after month – by making your gift monthly!