... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dag Kom!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Maleagi 4:1 Die dag kom en hy brand soos 'n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie 'n wortel, nie 'n tak oorbly nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Dag Kom!


Download audio file

Mense wil nie glo dat daar ‘n oordeelsdag kom nie; ‘n dag van die vurige oordeel van God. Hulle sê dit is onvanpas om op daardie manier aan ‘n liefdevolle God te dink … om nie eers daarvan te praat dat hulle nie aan die ontvangkant van God se oordeel wil wees nie!

‘n Tyd gelede het ‘n bekende sportpersoonlikheid wat naby my woon, ‘n Bybelgedeelte op sosiale media aangehaal wat oor die oordeel van God handel. Hy het gepraat oor die werklikheid dat daar ‘n hel; ‘n plek van ewige pyniging, bestaan.

Hy is deur mense wat nie in God glo nie uitgejou en uitgekryt. Hy het hierdeur sy loopbaan in die sportwêreld verloor. Wat my laat wonder het: wat is dit wat ‘n klomp ateïste so aanstootlik gevind het toe hy van die hel gepraat het? Hulle glo immers nie eers in die hemel of die hel nie!

En tog, weet ons almal in ons diepste wese, of ons dit nou wil erken of nie, dat daar ‘n dag van afrekening voor God sal wees:

Maleagi 4:1 Die dag kom en hy brand soos ‘n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie ‘n wortel, nie ‘n tak oorbly nie.

Hierdie vers skep beslis vreesaanjaende beelde en bevat skerp woorde van waarskuwing. Daar is niks fout met die feit dat ons aanspreeklik gehou sal word nie. Dit is ‘n goeie ding. Ons moet verantwoordelik gehou word vir ons dade. Daar moet inderdaad gevolge wees vir slegte gedrag. 

Nouja, as ons in Jesus glo, moet ons onsself afvra: Het ek arrogant geword? Het ek in die bose verval? Die een wat in Jesus glo, sal natuurlik deur geloof in Hom van straf gered word.

Maar as ons ons rug op God draai, as ons arrogant word, as ons die pad van die bose kies … pasop! Die dag kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.