... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Diep Geheim van Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:1,3 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. ....Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Diep Geheim van Geloof


Download audio file

Wetenskaplike teorieë beweer dat die heelal miljoene jare gelede as gevolg van “die oerknal” geskep is. Maar nou is die vraag: wie het dit in die eerste plek daar gesit, en wat het dit laat knal?

Dit is vrae wat die wetenskap eenvoudig nie kan beantwoord nie. Jy kan nie begin teoretiseer nie, want, wel, dan raak jy verstrengel… jy kan eenvoudig nie. Die idee dat iets uit niks gebeur het, is heeltemal onverklaarbaar. Dit sal, vanuit ‘n wetenskaplike perspektief, in elk geval, vir ewig ‘n onopgeloste raaisel bly.

Maar God verander die hele prentjie, want: In die begin het God … alles uit niks geskep. Nou moet jy jouself dan afvra, hoekom sukkel ek en jy soms om te glo dat God dít of dát kan doen? As Hy die onmoontlike kon doen en berge kan versit – dan kan Hy sekerlik in ons behoeftes voorsien wanneer ons bronne heeltemal uitgeput is? Hoekom is dit so?

Oor die afgelope paar dae het ons gesels oor die kragtige waarheid dat geloof, selfs die kleinste hoeveelheid geloof, selfs mosterdsaadjie-geloof, dinge laat gebeur. Hier is dit, direk uit God se Lewende Woord in:

Hebreërs 11:1 en 3 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. ….Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

Net omdat jy dit nie kan sien of verduidelik, of daaraan kan raak en voel nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Moenie bang wees om in geloof vir God te gehoorsaam nie. Sy planne word volbring ten spyte van jou klein, onvolmaakte en wankelende geloof. Sien jy, na watter ongelooflike vennootskap Hy ons nooi?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.